Te min personeel, geld vir medisyneraad
Te min personeel, geld vir medisyneraad

Te min personeel, geld vir medisyneraad

'n Gebrek aan 'n werkende webtuiste vir die Medisynebeheerraad, te min personeel en die stadige verspreiding van Medicine Watch bemoeilik die raad se werksaamhede.
Henriette Lamprecht
font face="Verdana" >

Henriette Lamprecht - Die prys van medisyne in Namibië is ’n rede tot “groeiende kommer”.

In die lig hiervan moet die beheer van medisynepryse verskeie rolspelers betrek en moet die impak daarvan op die gesondheid- en ekonomiese sektore van die land in ag geneem word.

Dr. Augustinus /Gôagoseb, voorsitter van die vierde Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC), sê in die raad se jaarverslag die koördinering van vereistes vir die beheer van medisyne in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC) is die afgelope twee dekades reeds op die agenda.

“Baie meer moet nog gedoen word. Die sentrale aankoop van medisyne in die streek is in ’n stadium oorweeg en dit het die potensiaal om medisynepryse daadwerklik te verminder,” het /Gôagoseb gesê.

Volgens hom sal die saamgooi van hulpbronne en nouer samewerking tussen instellings van hoër onderrig, wat die Universiteit van Namibië (Unam) se aptekerskool en die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) ver gaan om kapasiteit in die land te bou.

’n Moeilike finansiële jaar teen die agtergrond van “baie moeilike finansiële omstandighede” het ’n demper op die NMRC se handhawing van regulerende dienste vir medisyne geplaas.

/Gôagoseb sê erkenning moet gegee word aan die NMRC se sekretariaat, wat ná byna ’n jaar sonder ’n raad “meedoënloos die standaard van alle werksaamhede met kwynende finansiële hulpbronne” gehandhaaf het.

Van die doelwitte vir die toekoms is die wysiging van die NMRC se onafhanklikheid, wat dit in die kort termyn in ’n finansieel selfonderhoudende diens sal omskep.

Ook moet die wysiging van die raad as ’n direktoraat: medisynebeheerowerheid bespoedig word, waar die meeste van die NMRC-personeel bykomend tot personeel van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is.

Geen poste is met die huidige NMRC-struktuur beskikbaar nie en aktiwiteite kan volgens /Gôagoseb nie gestaak word nie.

Dit sal volgens hom ook help dat meer personeel gewerf kan word.

Voorts moet ’n rekening vir die NMRC geopen word om inkomste “in ’n ouditeerbare en verantwoordbare wyse” te verhoog en meer vaartbelyn te maak.

“Dit sal inspeksies en die evaluering van dossiere verbeter, wat op hul beurt meer inkomste sal voortbring,” het hy gesê.

Die verhoogde inkomste sal aangewend word om die agterstand uit te wis wat die afgelope paar jaar opgebou het.

Die uitspraak van die hooggeregshof oor die dispensering van medisyne deur mediese praktisyns het volgens /Gôagoseb gelei tot ’n toename in die aantal verspreidingspunte van medisyne wat aan die wet moet voldoen, en gevolglik geïnspekteer moet word.

“Dié funksie kan slegs uitgevoer word deur die beplande nuwe direktoraat, omdat die werwing van nuwe inspekteurs tans onmoontlik is danksy die afwesigheid van poste in die huidige struktuur.”

Volgens die jaarverslag het die NMRC se afdeling vir die registrasie van medisyne 207 aansoeke vir die registrasie van nuwe medisyne ontvang. ’n Totaal van 354 medisynes is deur die raad goedgekeur en gevolglik geregistreer. Hoewel die raad N$3,4 miljoen van kliënte vir verskeie dienste gelewer ontvang het (’n styging van 17%) is dit volgens die verslag nie ’n ware weerspieëling van dít wat die NMRC ingevorder het nie.

“Daar is steeds geen volledige beskrywing van alle fooie betaalbaar aan die NMRC, wat in die Sentrale Bank se rekening inbetaal word en gevolglik na verskillende takke van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste toegewys word nie,” lui die verslag.

Nóg ’n uitdaging is die nuwe prosedure vir die aankoop van items wat deel van die jaarlikse vrystelling is.

Die gebrek aan ’n bedryfsraamwerk met rekeningstate vir debiteure is ook ’n kopseer, omdat dit met die hand gedoen word.

Die NMRC-webtuiste wat nie werk nie, te min personeel en die stadige verspreiding van Medicine Watch is ook struikelblokke wat die suksesvolle bestuur van die raad volgens die verslag in die wiele ry.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026