Swaar verkeer die naweek op paaie verwag
Swaar verkeer die naweek op paaie verwag

Swaar verkeer die naweek op paaie verwag

Ronelle Rademeyer
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds (MVAF) sê die verwagting is dat baie Namibiërs die viering van Heldedag Donderdag gaan gebruik om die langnaweek op plekke elders in die land te gaan uitspan.
Dit kan tot hoër verkeersvolumes op paaie lei en daarom maan die MVAF Namibiërs om ekstra versigtig te bestuur.
Verlede jaar het 40 padongelukke gedurende die Heldedag-langnaweek voorgekom. Altesaam vyf mense is dood en 65 is beseer, sê die MVAF in ’n verklaring.
Die fonds herinner motoriste daaraan om seker te maak hul voertuie is padvaardig, die bande is in ’n goeie toestand, om by die spoedperk te hou en om op die langpad gereeld stil te hou en bestuurders te ruil.

Foto: Erongo

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer