SMS'e vir 7 Februarie 2020
". . . 'n pad deur my hart . . ."
Fishrot: Ek voel saam met mense van Walvisbaai wat die brood op die tafel vir hul families gesit het en ewe skielik is hulle werkloos gelaat en nou nog die boot wat soos mis voor die son verdwyn het en wat nog meer suspisieus is. Nou wil Fishrot nog hê die hof moet hulle inligtingsentrum onwettig verklaar en ongeldig verklaar. Lyk nou hulle wil die hof voorsê wat om te doen. En dan wil hulle nog hê hulle moet spesiaal behandel word inni gevangenis.
Nou-toe-nou! Dis dan dieselfde Jan Jordaan van Waterwese wat in die laat sewentigs die kanaal na die Omatakodam beplan en gebou het. Ons het daarna as die Jordaanrivier verwys met nogal baie kritiek, want dit het plase verdeel en diere laat verdrink. Hoop regtig goeie idees kan nou in werking kom, asseblief. – Jan
Willem de Wet, jy het met “Groter saamstaan is enigste weg” ’n pad deur my hart gepraat. Dit is die dinge wat jy noem wat ons land gaan laat wen of verloor. Baie dankie vir die raak woorde en insigte. Darem iemand wat nie bang is om sy sê te sê nie.
Ek het Willem De Wet se skrywe gelees en dit baie geniet. Alles wat daar staan, het ek herken, want ek het ook in daardie tyd grootgeword. Pragtig!
Die “groot vergifnis” vraery lyk alteveel soos moderne diplomatiese geveinsdheid. Dis nie geestelike Polyfilla waarmee krake verdoesel word nie. Christus het ons verlos (1 Tess. 5:9), maar ook vir die owerspelige vrou laat verstaan dat alhoewel haar sonde vergewe is, sy nie weer moet sondig nie. (Joh. 8:11)
Traffic Police WHK, what is the reason for not doing anything to prevent the idiots from speeding on Robert Mugabe Ave between the State House and the traffic circle in Olympia? Why are the new CCTV cameras at the 2 traffic circles on Robert Mugabe in Olympia facing the side traffic instead of the main traffic speeding on Robert Mugabe towards the circles?
Kan iemand my sê hoekom word krag geblok in Rehoboth, ons koopkrag.
Ai, hoe kanmoordenaars aangename mense wees? Hulle moet uit die samelewing verwyder word.
Efesiërs 4:28: As iemand ’n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.
Ek wil net vra, hoekom kan oumense nie ’n learner driver test in Afrikaans skryf nie? Ons almal is nie goed in English nie, asseblief.
Wat gaan by Rehoboth se polisiestasie aan? Geen krag al vir ’n tyd. Daar was geen besoektyd laas Sondag, want net drie polisiemanne was by die stasie. Hoe leef die gevangenes daar binne?
Bradley by SSC. Baie dankie vir jou baie vriendelike en hulpvaardige diens gelewer. Jy is ’n aanwins! Groete, Mev. du Toit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie