Shiimi lu00ea begoting van N$72,8 miljard ter tafel
Shiimi lu00ea begoting van N$72,8 miljard ter tafel

Shiimi lê begoting van N$72,8 miljard ter tafel

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië se nuwe minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het vanmiddag sy begroting van N$72,8 miljard vir die 2020-’21-boekjaar in die parlement ter tafel gelê.
N$57,9 miljard hiervan is vir operasionele uitgawes. Dit verteenwoordig ‘n styging van 8,8% teenoor die vorige boekjaar en is volgens hom nodig om die besteding aan die nasionale stryd teen Covid-19 te finansier. Vir ontwikkeling is N$6,4 miljard opsy gesit.
Die begrotingstekort sal 12,5% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) beloop.
“Dit is 'n eenmalige toename in die begrotingstekort, omdat ons poog om voldoende te reageer op die uitdagings wat Covid-19 aan die ekonomie en sosiale bestel stel,” het Shiimi in sy begrotingsrede gesê.
Volgens hom sal die begrotingstekort gefinansier word deur 'n kombinasie van eie spaargeld en binnelandse en buitelandse lenings.
“Met inagneming van die totale finansieringsvereistes, sal die skuldvoorraad na raming tot N$117,5 miljard styg, wat gelykstaande is aan 68,7% van die BBP.” Dit is sowat 14% hoër as die 54,8% in die vorige boekjaar.
Hy het daarop gewys uitgawes moet aangepas word tot laer vlakke "vanaf dié tydelike piek wat deur die Covid-19-eise genoodsaak word ten einde die groei in openbare skuld te stabiliseer".
Lees die volledige begrotingsoorsig môre in Republikein.

Foto: Pixabay

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer