Raadslid kry borgtog van N$5 000
Kenya Kambowe – Die Ndiyona-kiesafdeling se Swapo-raadslid, mnr. Eugen Likuwa (49), wat glo op Kersdag sy vrou aangerand het, is Vrydag op borgtog van N$5 000 vrygelaat.
Likuwa is op 28 Desember verlede jaar aangekeer ná sy vrou, me. Clementine Mpande (35), ’n klag van aanranding deur dreigement en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen hom aanhangig gemaak het.
Landdros Hellen Olaiya het die saak Vrydag in die Rundu-landdroshof tot 20 April vanjaar vir verhoor- en pleitdoeleindes uitgestel.
Albei die klagte word saam met die bepalings van die wet op huishoudelike geweld gelees.
Die staat het verlede Maandag tydens Likuwa se eerste verskyning borgtog teengestaan omdat oortredings wat met geslagsgegronde geweld verband hou, ernstig is.
Hiernaas sou borgtog nie in openbare belang wees nie, het die staat aangevoer.
Borgtog is ook teengestaan omdat Likuwa moontlik met die polisieondersoek of staatsgetuies kan inmeng.
Die raadslid het die hof toe ingelig hy is voornemens om sy eie verdediging te behartig.
Volgens die klagstaat het die voorval omstreeks 20:00 op Kersdag naby die Vashweneka-nedersetting plaasgevind toe Likuwa glo sy vrou se kop teen die grond gedruk en haar oraloor haar liggaam met die vuiste toegetakel het.
Hy het haar na bewering ook met die dood gedreig.
Namibian Sun verneem die beweerde voorval het ontstaan nadat Likuwa se vrou en sy suster glo stry gekry het.
Likuwa het nie afgelope Vrydag se hofverrigtinge bygewoon nie, omdat hy glo ernstig siek in die hospitaal opgeneem is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie