Pluimvee-invoere uit 4 lande weens voëlgriep gestaak
Elvira Hattingh – Namibië het nou ook ‘n verbod op die invoer en deurbeweging van pluimvee, pluimveeprodukte, volstruise en volstruisprodukte geplaas wat hul oorsprong in South Carolina, Amerika asook in Oekraïne het.
Dit volg ná hoogs aansteeklike voëlgriep (HPAI) intussen ook in dié lande onder pluimvee uitgebreek het.
Namibië het vir dieselfde rede verlede week ‘n verbod op die invoer en deurbeweging van pluimvee, voëls en pluimveeprodukte geplaas wat hul oorsprong in Pole en Hongarye het.
Dr. Albertina Shilongo, hoofveeartsenybeampte het invoerders en die publiek in twee kennisgewings verwittig dat alle uitgereikte invoer- en vervoerpermitte vir hierdie produkte onmiddelik herroep word.
Dit sluit in permitte vir hoenders, voëls, pluimveeprodukte, volstruise en volstruisprodukte wat hul oorsprong in dié lande het.
Die direktoraat van veeartsenydienste sê in die geval van Oekraïne is die uitbreking van HPAI op 18 Januarie aangekondig en was die land teen 4 Maart weer vry van die siekte. Dus kan produkte van die land wat vóór 27 Desember 2019 verpak is of wat ná 4 Maart geslag is, deur Namibië vervoer word.
Shilongo sê Amerika het tydens die aanmelding van die siekte by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) gesê dit het op 6 Maart uitgebreek.
“Omdat die siekte se inkubasietyd 21 dae is, geld die opskorting van permitte vir 21 dae vóór die siekte uitgebreek het. Daarom sal besendings wat vóór 16 Maart verpak is, steeds plaaslik aanvaar word,” het sy gesê.
Shilongo sê produkte van dié staat wat op 17 Maart of later verpak is, sal teruggestuur word of op die invoerder se onkoste vernietig word.
“Ingevolge ‘n bestaande protokol tussen Namibië en Amerika, kan pluimvee, pluimveeprodukte, volstruise en volstruisprodukte egter steeds vanaf ander Amerikaanse state ingevoer word wat nie deur die uitbreking geraak word nie.
Gekookte vleisprodukte van dié lande kan ook steeds met permitte ingevoer word.
Besendings vanaf Pole wat op of ná 10 Desember 2019 verpak is, sal nie aanvaar word nie. Daarteenoor is 24 Desember 2019 die afsnydatum vir produkte uit Hongarye is.
Die siekte, met ‘n inkubasietydperk van sowat 21 dae, is bekend daarvoor dat dit skielik onder pluimvee of voëls toeslaan, sy slagoffers ernstig siek maak en vinnig laat vrek. Alle voëls kan deur die siekte geraak word en dit het ‘n sterftesyfer van nagenoeg 100%.
Algemene kliniese simptome sluit in dat pluimvee se koppe, kamme en lelle swel en pers verkleur. Hul voete verkleur of raak ook rooi, terwyl organe en spiere intern kan bloei. Hulle kan groenerige diarree hê, ‘n gedraaide nek hê en lam in die bene en vlerke wees.
Ander subtipes van dié virus kan ook siekte onder mense veroorsaak wanneer hulle met besmette voëls in kontak kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie