PDM bekommerd oor toename in stakings, optogte
PDM bekommerd oor toename in stakings, optogte

PDM bekommerd oor toename in stakings, optogte

Ronelle Rademeyer
Die amptelike opposisieparty, die PDM, sê hy is bekommerd oor die toename in stakings en massa-optrede deur ontevrede werknemers in die land.
Dié party het ‘n beroep op werkgewers en die vakbonde gedoen om gereeld met werknemers te vergader sodat teenproduktiewe aksies vermy kan word.
Mnr. Manuel Ngaringombe, die sekretaris-generaal, sê gereelde en geslaagde konsultasies en interaksie tussen werkgewers en werknemers kan stakings en massa-optrede voorkom. Dit kan ook verhoed dat mense hul werk verloor en produksie by ondernemings in die slag bly.
Hy sê in ‘n verklaring die PDM is bekommerd daaroor dat werkgewers in die huidige ekonomiese klimaat so gefokus is op produktiwiteit in die besigheid dat hulle maklik vergeet dieselfde uitdagings geld ook hul werknemers.
“Ons doen ‘n beroep op beide partye om terwyl hulle aandag skenk aan die winste en mense se werksbevrediging, ook kennis te neem van die brandende werkplek-kwessies,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!