Paratus, MTN swerf nou saam
Paratus, MTN swerf nou saam

Paratus, MTN swerf nou saam

Ronelle Rademeyer
Paratus Namibia en MTN Namibia het 'n nasionale swerwingsooreenkoms (roaming) onderteken het.
Dit is die eerste van sy soort in Namibië en Paratus- en MTN-kliënte oraloor die land sal baat by die integrasie van twee netwerke om beter en groter nasionale dekking vir almal te lewer, lui ‘n verklaring hieroor.
“Deur saam te werk, laat hierdie ooreenkoms beide Paratus en MTN Namibië toe om hul eie netwerke uit te brei en nie een van die operateurs hoef mobiele dekking in sekere gebiede van die land te dupliseer nie.
“Hierdie ooreenkoms vir die deel van infrastruktuur is 'n mylpaal in Namibiese telekommunikasiegeskiedenis omdat die samewerking tussen twee operateurs nie net 'n beter mobiele LTE-diens aan kliënte sal verskaf nie, maar ook 'n baie aantreklike mededingende opsie in die mark bied,” sê Paratus Namibia in ‘n verklaring.

Die besturende direkteurs van MTN Namibia en Paratus Namibia, mnre. Elia Tsouros en Andrew Hall. Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer