• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste in die wêreld"
no image

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste in die wêreld"

Henriette Lamprecht
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die WHO gevolglik voorgestel dat dit as 'n voorbeeld gebruik word vir lande wat nog nie hul planne voltooi het nie.

Met verwysing na die verkryging van entstowwe sê Shangula buiten vir Covax is die Afrika Medisyne Verskaffingsplatform (AMSP) van die Afrika Unie ook vir entstowwe genader.

Kommentaar

Republikein 2026-06-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer