|Khomanin twis oor leierskap

Juliane Gawa!nas: Ek is hoof en basta
Maria Eiseb
Maria Eiseb - “Ons wil nie deur haar gelei word nie. Op 19 Mei kies ons ’n nuwe opperhoof.”

So sê 'n omgekrapte groep van die |Khomanin oor me. Juliane Gawa!nas wat volgens hulle wederregtelik as waarnemende opperhoof dien.

“Die stam het vyf jaar lank gewag dat sy as die opperhoof ons opbou, maar sy het niks vir ons gedoen nie,“ het die woordvoerder van die groep, me. Rosa Namises, gesê.

Volgens haar is Gawa!nas deur haar pa en die vorige opperhoof, mnr. Josefat Gawa!nab, voor sy dood as opvolger aangestel.

“Dit moes nie so gewees het nie; óns moes die opvolger gekies het. Hulle moes nie bloedlynaanstellings gemaak het nie. Die gewoontereg van die |Khomanin laat dit nie toe nie,” het Namises gesê. “Volgens die opperwet van die |Khomanin moet die volk hul eie hoof kies.”

Ander lede van die ontevrede groep het gesê Gawa!nas gee nie voorkeur aan haar eie mense nie en “hardloop net agter die geld aan. Ons wil vooruitgaan, maar so kan dit nie aangaan nie,” het mnr. Hannes Jacobs gesê.

Me. Claudia Namises het gesê: “Al wat ons hoor, is dat sy die grond verkoop aan die mense wat geld het, en die |Khomanin het nie grond in hul streek nie. As jy nie grond het nie, is jy ’n arm mens.”

In reaksie op die aantygings het Gawa!nas gesê die regering stel nie waarnemende opperhoofde aan nie. “As ek net waargeneem het, sou ek ook ’n regeringsvoertuig gehad het?”

Ook is die opperwet en gewoontereg waarna die groep verwys, volgens haar nie meer van krag nie.

“As hulle iemand anders wil kies, moet hulle my eers afdank en dan ’n ander persoon aanwys. Hulle kan nie terwyl ek nog die septer swaai iemand anders wil kom indruk nie.

Ek gaan nie met hulle stry nie. Hulle moet genoeg bewyse kry om hul feite te steun.

“Dit sal die laaste keer wees dat dié geveg in die koerant gevoer word. Volgende keer moet hulle aan my prokureur antwoorde gee.”

Een van haar senior raadgewers, mnr. Josef Eiseb, het gesê Gawa!nas is verantwoordelik vir verskillende rasse en kan nie nét die Damara/Nama-mense se probleme aanhoor nie. “Sy is verantwoordelik vir die hele Khomasstreek en ’n leier vir die sentrale gebied. Daarom werk vir sy vir almal,” het Eiseb gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126