/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien
/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

Gemeenskappe sê hulle wil hul grond terughê of dringend hervestig word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie, maar wil ook die water- en mineraleregte op dié grond hê.

Boonop eis hulle verskeie naamveranderings in die Khomasstreek.

Dié gemeenskap, onder aanvoering van me. Rosa Namises, het gister ‘n voorlegging aan die kommissie van ondersoek na die voorvaderlike grondregte en die herstel daarvan by die VN Plaza in Okuryangava aan die gemeenskap gemaak.

Die kommissie sal nog tot 15 Augustus na voorstelle deur gemeenskappe in hierdie streek luister.

Voorleggings is ook gister deur gemeenskappe aan die kommissie in die Okorukambe-kiesafdeling in die Omaheke-, en die Tsumkwe-kiesafdeling in die Otjozondjupastreek gemaak.

Die /Khomani-gemeenskap sê hulle wil nie net hul grond terug hê nie, maar wil ook die regte op die water en minerale onder die grondoppervlak hê, wat aan die staat behoort.

“Ons wil ons grond en die ondergrondse hulpbronne hê – of dit minerale, water of habitat is. Ons mense moet dit kan benut en daarin handel dryf,” het Namises gesê.

Sy het aanbeveel die reg op voorvaderlike grond moet aan hulle terugbesorg word, tesame met die regte op bronne onder die grondoppervlak. So nie moet mense op grond van hul voorvaderlike grondregte voorkeur geniet wanneer die staat eksklusiewe prospekteerlisensies (EPL’s) en mineraalregte uitreik, en “nie uitgesluit word nie”.

/Khomani

Volgens hierdie gemeenskap is die ‡Nukhoen (Damara- en San-mense) die oorspronklike inwoners en eienaars van Namibië.

Hulle voer aan sentrale Namibië, of die oostelike deel van die /Khomas-hooflande, is hul “kulturele landskap wat hulle tydens die Duitse koloniale tyd en onder die Suid-Afrikaanse apartheidsregering” verloor het.

Die gebied versinnebeeld die /Khomani en San se etos “om sag op die land te leef en hulself as deel van die natuur te sien binne ‘n landskap waar die verhouding tussen mense, plante en diere ter wille van volhoubaarheid eerbiedig word”.

Hulle eis die onteiening van die plase //Khaus, Arexas, //Hoeses, //Khanaxas (of Baumgardsbrom), Hagos, Gubagub, !Garib, en Dordabis, asook die tantieme op die grond.

Hulle wil onbeperkte toegang tot begraafplase op die plase hê, asook titelaktes vir voorvaderlike grond waar hulle tans “in onsekerheid woon” by Omitara, Dordabis, /Aub asook vir die plase met nuwe eienaars, waar hulle reeds geslagte lank as plaaswerkers werk.

Die groep vra ook dat sekere plekke herdoop word: Khomas moet /Khomas word; Aegaigas moet !Ao//Aexas word; Daan Viljoen moet //Gaus word.

Verder sê hulle ’n monument moet opgerig word ter nagedagtenis van diegene wat tydens die Duitse koloniale tydperk gesterf het.

Otjiwetjombungu

Inwoners van die Otjiwetjombungu-nedersetting in die Otjinene-kiesafdeling in Omaheke eis dat ‘n kordonheining, wat deur die vorige eienaar van plaas Alexeck (‘n sekere Bullick) opgerig is, heeltemal verwyder moet word.

Die Otjiwetjombungu-gemeenskap sê die kordonheining, wat in 1962 gebou is, het hul toegang en regte op grond wat hulle voorheen besit het, beperk en ook hul beweging belemmer.

Hulle sê grond wat so ver as 7 km binne die huidige plaas Alexeck 1053 in strek, asook 15 km in Stilhoek is grond wat aan die Otjiwetjombungu-mense behoort, met altesaam 441 ha wat verlore is.

Hulle wil hervestig word op plase wat aan die Otjiwetjombungu-nedersetting grens, of hulle wil toegang tot grond op hierdie plase hê om hul nedersetting te kan uitbrei.

Die plase wat deur hierdie eis geraak word, sluit in Alexeck 1053 en Zimnik Sud 1474 (wat glo deur die staat besit word), asook Stilhoek 1466, Lorenzo 824 en Finale Gebied 2 wat in privaat besit is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%