||Kharas skrik nie vir hepatitis E
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het ‘n taakspan teen hepatitis E in die ||Kharasstreek ontplooi as teenvoeter vir enige toekomstige uitbreking van dié siekte in die streek.
Die taakspan bestaan uit 40 mense van verskillende ministeries, en rolspelers uit verskeie instellings op Keetmanshoop.
Volgens mnr. Refanus Kooper, senior mediese beampte by die staatshospitaal op Keetmanshoop, is dit belangrik dat rolspelers deeglik op die moontlikheid van ‘n uitbreking in die streek voorbereid is.
“Ons moet mense ook inlig hoe om die siekte te voorkom,” het Kooper gesê.
Tot dusver is daar nog nie ‘n uitbreking in die ||Kharasstreek aangeteken nie.
Die vier gevalle wat wel in Lüderitz en Keetmanshoop aamngemeld is, was mense wat geïnfekteer is terwyl hulle ander streke besoek het.
“Ons streek is gelukkig omdat die weer hier óf te warm óf te koud is en die virus kan nie in sulke weersomstandighede oorleef nie. Dit neem die virus 16 uur om te oorleef, maar hier sal dit nie eers agt ure haal nie,” het hy gesê.
‘n Uitbreking van die siekte is op 14 Desember 2017 in Windhoek in die Khomasstreek aangekondig.
In Januarie is 4 227 gevalle oraloor die land aangeteken – 68% in Khomas, 22% in Erongo en 10% in ander streke. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie