Hou op kla en bly by die huis
Tanja Bause - Met die dat die inperkingsregulasies verlig is, het ek soos baie ander Namibiërs die afgelope lang naweek die pad aangedurf en gaan kamp.
Op sosialemediaplatforms adverteer baie van die kampplekke en lodges in Namibië tans spesiale aanbiedinge.
Op dieselfde platforms is daar mense wat hulle monde uitspoel oor dié aanbiedinge. Mense wat sê dit word net nou gedoen, omdat geen buitelandse toeriste op die oomblik in die land toegelaat word nie.
Mense wat sê Namibiërs en ons geld is nou goed genoeg, nou wil die kampplekke en lodges afslag gee.
Vir al dié mense wil ek sê, hoekom kla jy op sosiale media as jy nie belang stel om gebruik van die spesiale aanbiedinge te maak nie. Niemand dwing jou om te gaan nie. Bly by die huis, maar doen eers navorsing. Daar is baie plekke wat nie vir die gewone Namibiër bekostigbaar is nie, maar daar is plekke wat al lank en nog lank voor Covid-19 vir Namibiërs afslag gee.
Gaan besoek hulle. Die duur plekke behoort gewoonlik aan groot safari-en akkommodasiegroepe wat meer as een lodge of kampeerplek besit. Hulle konsentreer meestal op buitelandse toerisme.
Besoek die klein privaattoeristeplekke in die land. Die kampplekke en lodges wat nog altyd Namibiërs verwelkom het. Plekke wat aan bewaringsgebiede, plaasboere of aan families behoort wat net die een plek besit en ’n lewe daaruit probeer maak. Hulle het ons ondersteuning broodnodig, veral nou met Covid-19. Dit is ook by dié klein plekkies waar jy individuele aandag kry en deel van die familie word.
Ons het die naweek by Harmonie-c28 in die Khomas Hochland gaan kamp. Dit is selfsorg- en kampeerverblyf wat aan die vriendelike Jacobs-egpaar behoort.
Die oggende, lank voordat jy uit jou tent kruip, is die donkie aangesteek en die stortwater vuurwarm. Dis dieselfde storie in die aande wanneer jy van die 4x4-roete terugkeer.
Elke dag kry jy gratis hout om te braai en vir jou kampvuur. Elke kampeerplek het sy eie stort- en toiletgeriewe.
Jy kan die swembad, wat maklik toeganklik tussen die kampplekke geleë is, na hartelus gebruik.
Gewoonlik is die swembad naby die bungalows geleë, maar nie hier nie. Hier voel dit of die kampeerders eerste kom. Dit is sulke klein kampplekke in private hande wat jou naweek onvergeetlik maak.
Die laaste ding wat ek vir al die mense wat kla wil sê, is ek het nog nooit in ’n haarsalon, by ’n dokter, in ’n winkel of nou dat ek daaraan dink by enige plek afslag gekry bloot omdat ek ’n Namibiër is nie.
Nog nooit het iemand agter die toonbank vir my gesê ek kry afslag want dit is iets wat ons vir alle Namibiërs doen.
Ek het nog nooit daaraan gedink om byvoorbeeld by my haarkapper vir afslag te vra ek nie. Ek is immers mos ’n Namibiër en is geregtig om afslag te verwag op alle dienste en nie net op akkommodasiegeriewe nie?
Dalk moet ek gaan kyk waar die mense wat so kla werk en by hul besighede navraag gaan doen oor my Namibiese afslag. Ek glo stellig dit gaan veral nou met hul besighede nie so goed nie en hulle behoort afslag te gee. Ek is seker hulle het my geld nou net so nodig soos die toerismebedryf.
Kom ons hou op kla en ondersteun mekaar. Kom bietjie uit jou huis uit en weg van jou rekenaar af. Gaan vaar die natuur in en geniet wat die toerismebedryf en die mooie Namibië jou bied. En as jy nie van die afslag hou nie omdat jy voel jy word uitgebuit en misbruik, betaal die volle prys en hou op kla. Ek sal intussen een keer ’n maand gaan kamp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie