Geingob neem môre oor

Netumbo gee terugvoering

16 August 2018 | Regering
Denver Kisting – Groot afwagting heers in Windhoek waar pres. Hage Geingob môre amptelik die voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gaan oorneem.

Geingob vervang die Suid-Afrikaanse staatshoof, pres. Cyril Ramaphosa.

Dít kom te midde van nuus dat die 38ste SADC-beraad, wat tans in die Namibiese hoofstad plaasvind, van die brandpunte in die streek wegskram.

Die Namibiese regering het laat verlede week by monde van me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die adjunkpremier en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, bevestig die krisis in Zimbabwe en die grondkwessie gaan nie onder die loep kom nie.

Nandi-Ndaitwah het die afgelope week in aanloop tot vandag se hoogtepunt die leisels as voorsitter van die SADC se raad van ministers oorgeneem.

Haar voorganger is haar Suid-Afrikaanse eweknie, dr. Lindiwe Sisulu.

Die aktivis en akademikus mnr. Job Amupanda sou gisteraand ’n lesing aanbied oor hoe Namibië se grondbeleid glo die pad byster geraak het sedert die eerste nasionale grondkonferensie in 1999.

Groot gewag word tans gemaak van die tweede grondkonferensie wat in Oktober vanjaar gaan plaasvind.

Tydens ’n kort nuuskonferensie laat Dinsdagmiddag het Nandi-Ndaitwah gesê die raad van ministers het die SADC-sekretariaat beveel om die proses te bespoedig wat bestaande reëlings rondom SADC-regs- en beleidsdokumente moet hervorm en die inwerkingstelling daarvan moet hanteer.

Sy het ook gesê die sekretariaat is gevra om teen volgende jaar ’n omvattende verslag in te dien oor hoe die streek vaar wat die implementering van strategiese doelwitte betref.

Dit sluit onder meer die inwerkingstelling van ’n streekkragkomitee, die monitering van geslagsgelykheid in die streek en die kwytskelding van visums in.

Die nuus oor die beraad se agenda, wat Zimbabwe en die grondkwessie uitsluit, kom as geen verrassing nie.

Ontleders met wie Republikein voor die beraad gesels het, was dit eens dat omstrede onderwerpe waarskynlik vermy sou word.

Prof. Nico Horn, akademikus aan die Universiteit van Namibië (Unam), het gesê ás moeilike sake ter sprake kom, sal dié gesprekke beslis nie in die openbaar geskied nie.

Volgens hom sukkel die SADC om afstand te doen van die opvatting dat dit slegs ’n vereniging van broederskap is.

Dr. Charles Mubita, ’n politieke ontleder, is van mening Geingob se sukses as SADC-voorsitter sal afhang van die mate waartoe hy sal kan beraadslaag.

Ook, sê Mubita, Geingob sal sy rol as voorsitter moet balanseer met sy verantwoordelikhede as Namibiese president.

Soortgelyk

 

Geingob op pad na Ethiopië

7 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob vertrek môre na Ethiopië vir samesprekings oor die situasie in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).Gemoedere loop steeds hoog...

Vermeende veediewe se turf sit

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh Die Rehoboth Veemisdaadorganisasie (RLCO) het saam met die polisie verlede week 'n reusedeurbraak gemaak in 'n veediefstalsaak toe hulle nie net die waarskynlike...

Rehoboth-skietstilstand opgehef

12 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die Windhoekse hoërhof het gister die Namibiese weermag (NDF) tot 16:00 gegee om van die perseel van die Rehoboth-skietklub pad te gee.Dít...

Oudsoldate se lêers 'verdwyn' uit pakhuis

12 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Tot 60 personeellêers met inligting van Namibiërs wat voor onafhanklikwording vir die Suid- Afrikaanse weermag (SADF) en destydse Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWATF) geveg het,...

Weer vir 15 Januarie 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in...

Man in vangwa gegooi, ure aangehou

12 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Egpaar van Swakopmund wat verlede Dinsdagoggend op die strand gaan stap het, het 'n nagmerrie-ondervinding met die polisie gehad.Mnr. Michael en...

Raaiselsterre verskyn en verdwyn by Koës

12 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Koës-inwoners was die afgelope Saterdag verstom toe ‘n reeks van tussen ses en nege “sterre” omstreeks 20:30 in ‘n reguit lyn in...

Seekoei soek lafenis in swembad

12 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Help, daar's 'n seekoei in my swembad! Dit was een van twee vreemde versoeke die afgelope week aan die bekende wildveearts van...

‘Vir-altyd-huis’ vir ‘n rugaf hond

12 ure gelede | Gemeenskap

Elvira Hattingh - Danksy die samewerking van verskeie diereliefhebbers sal ‘n sewe maande oue rugaf hond van Oshikuku nou ‘n tweede kans op die lewe...