Erongo is nuwe Covid-brandpunt
Altesaam 112 van die 536 nuwe gevalle van mense wat positief getoets het vir Covid-19, woon in die Erongostreek. Dié streek het Khomas, waar 104 mense in die jongste verslagperiode positief getoets het, nou verbygesteek.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê in sy jongste verslag die ander kwessie wat hom bekommer, is dat die gevalle oor 13 van die 14 streke versprei is.
Drie nuwe sterftes is ook aangemeld – een op Lüderitz en twee in Windhoek. Die twee mans en een vrou wie se dood direk of indirek deur die virus veroorsaak is, was tussen 53 en 78 jaar oud. Twee van hulle het onderliggende siektetoestande gehad, wat hulle risiko op komplikasies verhoog het.
Van die 303 mense wat steeds in hospitale behandel word, is 40% in Windhoekse hospitale. Van die 303, is 33 se toestand kritiek.
Van die 28 259 mense wat tot dusver positief getoets het, word 3 708 steeds as aktiewe gevalle beskou.
Altesaam 228 783 Covid-toetse is sedert die aanvang van die pandemie uitgevoer. Op die oomblik is daar 1 728 mense in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie