Ampsmotor se stuurstang breek u2013 goewerneur lig beseer
Ampsmotor se stuurstang breek u2013 goewerneur lig beseer

Ampsmotor se stuurstang breek – goewerneur lig beseer

Dani Booysen
Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, mnr. Bonifatius Wakudumo, is vir veiligheid in die hospitaal op Omaruru vir observasie opgeneem nadat sy ampsmotor gisteraand omstreeks 19:10 sowat 13 km buite die dorp onderweg na Kalkfeld die pad verlaat het.
Hy het gekla van spierpyn, maar is intussen volgens ‘n nuusvrystelling deur die polisie reeds ontslaan en het sy reis hervat.
Mnr. Mathew Hausiku is sy bestuurder en word blykbaar vir roekelose en nalatige bestuur ondersoek.
Die swart Mercedes-Benz het volgens die polisieverslag op ‘n reguit stuk van die pad “gespring en tot stilstand gekom”. Daar word vermoed dat die stuurstang (ons interpretasie van “control arm”) afgebreek het.
Die bestuurder het geen noemenswaardige beserings opgedoen nie.

Kommentaar

Republikein 2025-05-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer