/Ai-/Ais-oord sluit ná vloede
Namibia Wildlife Resorts (NWR) se /Ai-/Ais-warmbronne en spa moet sy deure ná die afgelope swaar reënneerslae en kitsvloede tydelik vir sowat drie maande sluit.
"Hierdie kitsvloede het ontaard in riviere wat die oord oorstroom en erge skade aan aan die infrastruktuur en kampeerterrein berokken het," lui 'n mediaverklaring van NWR.
Die oord is voorlopig vir sowat drie maande vanaf gister tot die einde Maart vir besoekers gesluit.
"Die reën was baie swaar en het erge skade aan die oord en kampeerterrein berokken, maar ons is dankbaar dat die kampeerders betyds ontruim kon word en veilig is," het mnr. Robert Hailume, /Ai-/Ais se waarnemende oordbestuurder, gesê.
"Ons sal binnekort met herstelwerk aan die oord begin, sodat dit weer so gou as moontlik in bedryf kan wees," het dr. Matthias Ngwangwama, NWR se besturende direkteur gesê.
Foto NWR

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie