/Ai-/Ais kry nuwe baadjie
Opknappings aan Namibia Wildlife Resorts (NWR) se warmbron-oord, /Ai-/Ais, sal vanaf middel Maart tot 31 Julie plaasvind.
Volgens 'n mediaverklaring van NWR is dié besluit geneem weens langdurige onderhoud-uitdagings wat kliëntetevredenheid bedreig.
Die oord, wat 706 km suid van Windhoek geleë is, sal weer op 1 Augustus ten volle funksioneer.
Sommige kamers en geboue sal tydelik gesluit word om gaste se veiligheid te verseker.
Die restaurant, bos-chalets vir gesinne en die kampeerterrein sal wel oop bly weens die groot aanvraag van kliënte wat die Visrivier-canyon wil stap.
/Ai-/Ais was nog altyd 'n gewilde bestemming vir avontuur-entoesiaste en gesinne wat van die besige stadslewe af wil wegkom.
Die besturende direkteur van NWR, me. Zelna Hengari, is baie opgewonde oor die vooruitsig om van die infrastruktuur by /Ai-/Ais op te knap, maar is "hartseer" oor die impak wat die opknappings op gaste se ervaring kan hê.
"Dit is met 'n swaar hart wat NWR moet voortgaan met die opknappingswerk en ons vra by voorbaat verskoning aan die gaste wat ons oord tydens hierdie tydperk gaan besoek."
Hengari sê die oord is onmiskenbaar een van die gewildste oorde in suidelike Namibië en gegrond hierop wil NWR die oord opknap.
"Ons gaste het ons op hoogte gehou van sekere dinge wat hulle wil laat verbeter om hul ervaring by die oord te bevorder. Ek versoek dus ons gaste om gedurende hierdie tydperk geduldig te wees."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie