Woord van die week

coiffeur s.nw. (deftig) (Frans) Haarkapper.

coiffure s.nw. (deftig) (Frans) Haarkapsel.

kap’per s.nw., kappers; kappertjie. Haarkapper: Dis al weer tyd dat ek na die kapper toe moet gaan met my lang hare. ˜ 'n Seuntjie wat vir die eerste keer na die kapper toe gaan, hou nie van die elektriese knipper wat heen en te weer oor sy koppie moet kruip nie (N.P. van Wyk Louw). Maar daar is een ding wat ons kappers so gereeld soos klokslag uit die oog verloor: die persoonlikheid van 'n klant (Die Transvaler).

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer