• Tuisblad
  • Sport
  • Woody aangestel om Gladiators na Cosafa en verder te neem

Woody aangestel om Gladiators na Cosafa en verder te neem

Sokker
NAMPA
Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) het die aanstelling van Nicholas (Woody) Jacobs as die tussentydse hoofafrigter van die nasionale vrouespan aangekondig.
Die aankondiging is Dinsdag op ’n nuuskonferensie deur die sekretaris-generaal van die NFA, Franco Cosmos, by Sokkerhuis in Katutura gedoen.
Jacobs het gesê hy is ietwat verbaas oor die aanstelling, maar voel geëerd om so ’n moeilike taak te kry.
“Dit sal ’n moeilike taak vir ons wees, maar ons sal gereed wees om mee te ding. Ons groep is taai, maar ons streef daarna om dit ons heel beste te gee. Tans is daar 35 meisies wat oefen en ek sal hulle almal beoordeel voordat ek die span vir Cosafa en die AWCON-uitdun bekend maak,” het Jacobs gesê.
Hy het verwys na die komende Cosafa-toernooi wat van 28 September tot 9 Oktober in Port Elizabeth geskeduleer is, twee weke later as wat oorspronklik beplan was.
Die voormalige hulpafrigter van Brave Gladiators sal daarna ook in beheer van die span vir die komende Afrika Nasiebeker vir vroue (AWCON) teen Tanzanië wees.
Die eerste been van die uitdunne word in Port Elizabeth gespeel omdat alle Namibiese sokkerstadions tans verbied word om internasionale wedstryde aan te bied, terwyl die tweede skof in Dar es Salaam, Tanzanië, plaasvind.
Hierdie eerste uitdunrondes vind op 18 en 26 Oktober 2021 plaas, terwyl die tweede uitdunronde op 14 en 23 Februarie 2022 plaasvind.
Die AWCON vind volgende jaar in Marokko plaas.
Jacobs sal bygestaan word deur Uerikondjera (Mamie) Kasaona, terwyl Herbert Kapeng die afrigter van die doelwagters sal wees.
Die tegniese span word voltooi deur Virginia Tjihero as fiksheidsafrigter, Justine Amupolo as bagasiebestuurder en Natasha Cloete as spanbestuurder.
Die spelersgroep van 35 oefen tans by die NFA se tegniese sentrum in Katutura en word tot 25 gesnoei net voordat die span na Suid-Afrika vertrek, waar hulle langer as ’n maand oefenkamp sal hou terwyl hulle voorberei en in die twee toernooie speel.
Namibië is in groep C saam met Zambië, Eswatini en die gasheerland Uganda.
– Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-09-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer