WhatsApp 24 September 2021

Dani Booysen
Die agbare LPM-leier het vandag (Woensdag) op die radio gesê dat die Roots-projek op Stampriet water mors. Weet hy dat hierdie projek nagevors is voor die tyd; dra hy kennis dat gepoog word om plaaslike voedselvoorsiening aan Namibië te verbeter op verskeie vlakke.

Dat dit uniek aan ons land is. Dat dit prysenswaardig is deur eie landsburgers om so iets aan te pak.

Teenvrae aan hom:

• Het hy en sy partylede al so iets aan die gang om Namibië selfver­sorgend te maak rondom voedsel sekerheid?

• Het die LPM al bv. planne vir die Neckartaldam se ontwikkeling, waar 'n massa water nutteloos lê en waar voedsel verbou kan word, werk ver­skaf kan word?

• Wat van die ontwikkeling vir toerisme by die Nautedam, waar vandale die destydse bietjie ontspannings­geriewe in die grond in vermors het en waar sulke geriewe en ontwikkeling toerisme kan aanwakker?

• Wat van die vernietiging en diefstal van grensdrade langs die hoofpaaie, veral in die Suide, wat al sterftes veroorsaak het deur diere op die paaie. Is dit nie ook vermorsing nie?

Die agbare leier kan hom gerus toespits op positiewe, konkrete uitsprake, maar ook dade. Ons soek opregte leiers wat Namibië kan en wil bou met die voorbeeld wat hul stel. In hierdie stadium is daar nog nie sulke persone nie.



Ek weet nie of ek dit alleen sien nie, maar dit lyk soos 'n geologiese hammer wat teen die rotswand lê (foto by berig "Kaokaland 'n 'fossiele yslandskap'"). Is dit a.g.v. magnetisme of net per toeval? Ek is nie 'n geoloog nie, maar as dit magnetisme is, kan dit nie dalk bydra tot die bewaring van die formasies nie?

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer