Voortrekkers gee ‘iets om aan vas te hou’
Jeugorganisasie vier 90 jaar deur diensbaarheid
Yandi du Plessis – Die Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Voortrekkers in Namibië deel in dié opwinding en het verskeie items op die agenda vir 2021 gehad.
Hoewel van hul planne deur die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande maatreëls in die wiele gery is, het dit nie die jeugorganisasie van stryk gebring nie. Hulle het deurgedruk met een van hul beplande diensbaarheidsprojekte – en die uitkoms het almal se verwagtinge oortref.
Die projek is ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN), waar hulle 500 gebreide poppies wou oorhandig aan kankerpasiënte in die hospitaal; dus sou dit 100 poppies per kommando wees.
“Die Covid-regulasies het ons genoop om buite die boks te dink. Veral nadat ons nie kon help met CAN se ander projekte nie,” vertel me. Elmine McCarthy, wat in beheer van die Voortrekkers Namibië se bemarking is.
“Ons moes iets soek wat ons jeuglede vanuit die veilige omgewing van hul huise kon doen om nog steeds diensbaar te wees.”
Gevolglik is die plan effens aangepas en die vyf aktiewe kommando’s is uitgedaag om elkeen 90 beertjies te brei en te skenk vir die kinders wat kanker het. Seuns, meisies, ouer broers en susters, ma’s en oumas – almal het ingespring om te help en die mikpunt van 450 poppies is oortref. Volgens McCarthy is tot nou reeds meer as 770 by die versamelpunt afgelewer.
“Ons het toe besluit op poppies en beertjies, want wanneer – ’n mens – en veral ons kinders – alleen in ’n vreemde bed of omgewing is, bang is ... is dit darem so vertroostend om aan iets sags vas te hou.”
Sodra al die beertjies en poppies in Windhoek is, sal die oorhandiging na verwagting op die Voortrekkers se verjaardag môre plaasvind.
September is, heel gepas, kinderkankermaand. “Dis so ’n mooi bestiering dat alles só saamval,” het McCarthy gesê.
“Ons is dankbaar dat ons só kon hande vat in diensbaarheid. Ons as Voortrekkers hoop om nog ’n lang en goeie pad saam met die kankervereniging te stap.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie