Vir ons geleen

Dani Booysen
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Baie danke vir elke oproep, SMS en handdruk met die heengaan van Vanessa Dorothy Saban.



Alle eer aan ons Hemelheer.

Aan Vanessa Dorothy Saban.

'n Stukkie sonskyn warm.

'n Liefdesgroet om ons te omarm.



'n Dankbare hart uit die Heer se hand.

Vrede en liefde is ons voorland.

'n Vlinder gevorm uit God se hand.

Geniet jou reis na die anderkant.



Die Here het jou vir ons geleen.

God se aanwins en ons seën.

Amen, ja men.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer