Vier sterftes, 25 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge, twee studente, een onderwyser en een gesondheidswerker in. Die aktiewe gevalle staan tans op 869 waarvan 49 in die hospitaal en vyf in die ICU is. Tot op hede het 292 938 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 219 342 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie