Vier 'renosterstropers' verskyn in camera
Bly in aanhouding
Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof op Otjiwarongo verskyn.
Hulle bly in aanhouding.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, mag hul name nie bekend gemaak word nie, “omdat die ondersoek in ’n baie vroeë en sensitiewe stadium is.
Nóg inhegtenisnemings kan moontlik uit verdere inligting volg”.
Die vier verdagtes (50, 44, 37 en 30 jaar oud) het vlugtig voor landdros Karel Muyegu verskyn en me. Elana Doeses het aangekla.
Muyunda sê al agt verdagtes se sake sal op die ou end saamgevoeg en in ’n hof in die hoofstad verhoor word.
Die klagte wat die verdagtes in die gesig staar, is die onwettige jag van ’n spesiaal beskermde spesie (renoster), die onwettige besit van en handel in spesiaal beskermde wildprodukte (renosterhorings) en die oortreding van die wet op vuurwapens.
Volgens Muyunda is 13 renosters tot dusver vanjaar gestroop.
Volgens die hoof van die Blue Rhinotaakspan, komm. Barry de Klerk, is twee swartrenosterkarkasse Dinsdag op ’n plaas in die Gobabis-distrik in die Omahekestreek deur plaaswerkers gevind. Die horings was verwyder.
“Vier verdagtes is Dinsdag op Otjiwarongo met twee renosterhorings in hul besit in hegtenis geneem toe hulle dit aan ’n geheime polisiebeampte probeer verkoop het,” het De Klerk gesê.
Een van die verdagtes is ’n polisiebeampte in die eenheid vir die beskerming van baie belangrike persone (BBP’s) in Windhoek.
“Verdere opvolg het ons Woensdag na die huis van ’n bekende pastoor in Kleine Kuppe in Windhoek gelei waar beslag op twee renosterhorings, ’n jaggeweer en ammunisie gelê is. By die huis is die pastoor en nóg drie verdagtes vasgetrek,” het De Klerk gesê.
Een van die verdagtes is glo ’n voormalige lid van die Namibiese weermag (NDF).
‘PROFEET’ VERSKYN VANDAG
Twee verdagtes verskyn vandag op Gobabis en die charismatiese pastoor – ’n selfverkaarde profeet – en nóg ’n verdagte in die Windhoek-landdroshof.
Intussen is op die pastoor se kerk se Facebook-blad geskryf dat die foto met ’n lys van name van mense wat geld vir sy borgtog bydra, fopnuus is.
“Dit gaan goed met die profeet en hy is in ’n goeie gemoedstoestand.”
’n Vrou wat glo tevore as ’n mediaskakelpersoon van die pastoor opgetree het, ene Daphne, het gesê sy werk nie vir die pastoor nie, maar sy is ’n lid van die kerk. Op ’n vraag of hy steeds in aanhouding is, het sy gesê “geen kommentaar” en die foon doodgedruk.
Vir navrae is ’n selfoonnommer op die kerk se Facebook-blad verskaf.
Ene Ananias wat dié selfoon geantwoord het, het aan Republikein gesê “daar is beperkinge op die vrae wat ek sal beantwoord”.
Hy het bygevoeg “alles wat op Facebook is, is fopnuus. Net die profeet kan die antwoorde gee,” en het ook die foon doodgedruk.
Die kerk se Facebook-blad is oorval met kommentaar, gebede en Bybelverse vir “Papa Profeet”.
Een van die meer as 300 inskrywings op die blad lui “die duiwel is ’n leuenaar”.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie