Van waar sal die belasting kom?
BANKROT BOER SKRYF:
Ek is een van baie boere wat ernstig geknou is deur die droogte.
Ek het baie kontant ingesit om my kernkudde te red wat my met geen kontant los om aan te gaan met boerdery nie. Ek het ook redelik diere verkoop om te kwalifiseer vir die regering se skema vir bemarkingsubsidies en om te kan oorleef.
Ek het alle bewyse van voeraankope en die verkoop van kuddes ingehandig by die plaaslike landboukantoor. Hierdie aansoeke strek so ver terug as April 2019 tot nou.
Is daar ook nou 'n lockdown op uitbetalings van droogtehulp en subsidies aan geraakte boere? Ons is regtig verlore.
'n Verdere bekommernis is die terugbetaling van belastinggeld wat drie tot vier jaar agterstallig is. Elke keer dieselfde antwoord: ontvang, maar nog nie geprosesseer nie.
Wat my by my volgende vraag bring. Wie gaan die tekorte aanvul wat die regering op BTW en ander belasting ondervind weens lockdown, veral op sondebelasting?
Natuurlik vuisvoos verbruikers. Trouens, ek merk klaar 'n aansienlike verhoging in die pryse van noodsaaklike items op winkelrakke terwyl onwettige handelaars floreer met ongoddelike drankpryse.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie