• Tuisblad
  • Onderwys
  • Uitstel van eksamens: Integriteit van eksamen, kwalifikasie moet beskerm word

Uitstel van eksamens: Integriteit van eksamen, kwalifikasie moet beskerm word

Henriette Lamprecht
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê dit het 'n wettige kontrak met Cambridge International om te verseker dat kredietwaardige eksamens geskryf word wat sal lei tot die toekenning van 'n kwalifikasie wat deur die instansie goedgekeur word. Deel van die kontrak is sekere standaarde wat gehandhaaf moet word vir die instansie om Namibië se kwalifikasies te sertifiseer. Sou die eksamens vir graad 11 en 12-leerlinge voortgegaan het ná die uitlek van vraestelle, sê die ministerie leerlinge sou 'n sertifikaat ontvang wat nie geakrediteer is nie.
"Dit sou geen waarde gehad het nie, omdat dit nie deur die akkreditasieliggaam afgeteken is nie," lui 'n verklaring deur die ministerie.
Die ministerie sê die uitlek van vraestelle was nie net beperk tot die Noorde van die land nie, maar was ook in ander streke versprei.
"Ons moet die integriteit van ons nasionale eksamens en kwalifikasies ten alle tye beskerm, want dié kwalifikasies is ons trots.
Dit het ook die versekering gegee dat die uitslae steeds op die beplande datums bekendgemaak sal word om te verseker die graad 11-klasse vir gevorderde vlak (AS) begin soos wanneer beplan is.

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer