Twee tuissterftes, 15 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Twee tuissterftes in die Noorde van die land stoot die Covid-sterftesyfer op tot 3 571. Gister is 15 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 1%. Die aktiewe gevalle staan tans op 85 waarvan agt in die hospitaal en een in die ICU is. Tot op hede het 358 599 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 298 503 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97,2%.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer