Twee sterftes, 10 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met twee tot 3 563. Gister is tien gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 1,2%. Dit sluit twee leerlinge en een gesondheidswerker in. Die aktiewe gevalle staan tans op 228 waarvan tien in die hospitaal is. Tot op hede het 339 047 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 273 639 ten volle ingeent is. Die herstelkoers staan op 97%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie