Twee minderjariges verdrink by Rehoboth
Tragedie op plot
Henriette Lamprecht – ’n Dertienjarige meisie en ’n tienjarige seun het Maandagmiddag in Rehoboth verdrink.
Die twee kinders is deur die polisie se woordvoerder vir die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, as Melanie Marsha Witbooi en Dwynne Giovanni Levi geïdentifiseer.
Volgens Clay het die voorval Maandag tussen 14:00 en 16:30 agter die Karl Cloete-plot in Blok E plaasgevind. Melanie en Dwynne was volgens hom twee van vier minderjariges wat gaan swem het in die sinkgat wat agter die plot is.
“Terwyl hulle geswem het, het Melanie en Dwynne onder die water verdwyn. Die ander twee kinders het gaan hulp soek,” het hy gesê. Die hulp van die polisie is ingeroep, terwyl die brandweer die twee kinders se oorskot uit die sinkgat gehaal het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie