Twee gedigte

Dani Booysen
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF

Namibskind

Oor die Namibrand en Kuisebloop deur.

Voetsaam inni suidwestewind.

Verdorre vlakte wyd en syd.

Mooi warm Namib uitgespreid.

Kelkiebos en narrabos gekleur.

Welwitschias trotseer die weer.

Volstruisgras ylversprei.

Appelkoos gekleur duine hoog.

Atlanties koel groet die woestyn.

Duine grou gekleur voetsaam groet.

Miskombers les die grote dors.

Sedooswind sing uit volle bors.

Suidwes sal later kom woed.

Namib groot 'n kalmte in my gemoed.

Onner Suiderkruis en sterrehemel.

Toktokkies inni warmson wat wemel.

Oktoberreënt

Droog en vaal is die vlaktes kaal.

Oktober se reënt het verdwaal.

Klippe swart deur die son verbrand.

'n Gryswolk lê ver oppi rant.

Ons oë is na Bo gerig.

Die FM'pie gee die berig.

'n Opskietgebed vir reën.

Ons damwalle wag virri seën.

Oktoberdruppels plof neer.

Stof plof op tot God se eer.

Ondangwa gee dankewoorde.

Reënt vorie wind inni Noorde.

Wyse manne kom uit die Ooste.

Gobabis dankbaar veld verjaar.

Alle boere glimlag breed.

Oeste droog en staan gereed.

Warmte verswelg Usakos se vlakte.

Nat, ja na, God se gedagte.

Reënt sprei orie Namibrant.

Spitskoppe verkoel na die brand.

Oktobermaand dankbaar en mooi.

Op my knieë voor my kooi.

Danke Hemelheer tot U eer.

Reënt van Bo stort op ons neer.

Seën van Bo, ons Hemelheer.

Amen ja amen, Namibië eer.

Vlaktes nat en paaie glad.

Bees, bok en skaap is moddernat.

Kommentaar

Republikein 2026-06-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer