Swapo-oudstes verwerp gay regte
Swapo se Raad van Oudstes, die SPEC, het hom vandag in ‘n verklaring geskaar by die Swapo-Jeugliga (SPYL) se skerp bewoorde verwerping van gay regte.
Die kwessie waaroor tans debatteer word, handel oor die dekriminalisering van sodomie. Die onderwerp van gay huwelikke en die erkenning van sulke verbintenisse is ‘n afsonderlike vraagstuk waaroor daar waarskynlik nie vining uitsluitsel sal wees nie.
Die vet wat die Oudstes op dié vuur giet, bestempel veldtogte vir gelykheid en erkenning as ‘n siniese verwerping van Afrika se kultuur, tradisie en norme. wat glad nie sulke seksuele verhoudinge erken nie.
Erkenning van seksuele andersheid kan volgens die SPEC geen voordele vir die land inhou nie. Die SPEC beskoue sulke praktyke as slegte en volksvreemde gebruike wat van buite op mense afgedwing word.
Die Oudstes voer selfs aan homoseksualiteit is onwettig in Namibië; wat nie die geval is nie.
Die raad sê hy sal nie die jeug se toekoms deur hierdie immoraliteite laat vernietig nie. Negentig persent van Namibiërs is Christene, wat homoseksualiteit streng verwerp, voer die raad aan.
Die SPEC stem saam met die Jeugliga dat verkose leiers veel belangriker planne en projekte het om uit te voer, byvoorbeeld werkskepping, ekonomieseo ontwikkeling om die verbetering van mense se lewenstandaarde.
Geen verskonings kan van oudpres. Sam Nujoma geëis word vir sy homofobiese uitsprake uit die verlede nie. As stigterspresident is Nujoma volgens die SPEC geregtig op sy persoonlike mening oor elke onderwerp onder die son.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie