Stad Windhoek se waterbeleid bly: Betaal
Die munisipaliteit sê inwoners met skuld kan kom praat oor reëlings vir die herstel van hul watertoevoer.
Augetto Graig – Windhoek se munisipaliteit sê sy beleid om watertoevoer en ander dienste op te skort in gevalle van wanbetaling dra geensins by tot die toename in Covid-19-gevalle wat 'n derde golf infeksies na veral die hoofstad gebring het nie.
Die munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, dring aan dat die munisipaliteit se deure oop staan vir wanbetalers om reëlings te kom tref om watertoevoer te laat heropen, mits die ooreenkomste vir terugbetaling nagekom word.
Kommer oor die invloed van waterbeperking op die verspreiding van Covid-19 is deur die gemeenskapsaktivis, politikus en navorser, mnr. Jade McClune, uitgespreek.
““Dit druis in teen elke aspek van menslike ordentlikheid en basiese logika om die kwesbaarste mense te ontneem van basiese waterdienste en die middele om veilig en gesond te midde van die verwoestende pandemie te bly, en nogtans te verwag om die pandemie te beperk.
“Dit is nie net die huisgesinne wat skuld wat 'n groter risiko vir infeksie loop nie, maar almal met wie hulle by die skool, by die werk of in die gemeenskap in kontak kom, en so kom dit neer op gesamentlike straf,” sê hy. Hy dring aan op navorsing as 'n voorvereiste vir die instelling van enige waterbeperking.
Amutenya sê egter: “Dit sou onverantwoordelik wees vir die stadsraad om inwoners toe te laat om aanhoudend skuld te maak, wat in die verlede moeilik was om terug te betaal; vandaar die strategie vir betalingsreëlings in hierdie verband.
“Ons kliënte wie se dienste opgeskort is, weet hulle kan met die stad se skuldbestuursafdeling praat om die vereiste betalingsreëlings te tref en hul dienste heropen te kry. Tot sover kry ons steeds positiewe terugvoering hieroor.”
Dié afdeling is ook nou teenwoordig by die Okuryangava, Khomasdal en Katutura munisipale kantore, om skuldbestuur meer gerieflik en toeganklik vir inwoners te maak, sê sy.
Windhoek het in Meimaand weer weens wanbetaling dienste begin afsny. Toegang tot water was gedurende die noodtoestand in 2020 'n nasionale prioriteit en die regering het die opskorting van toevoer verbied. Volgens Amutenya verskaf die hoofstad steeds verniet water na sy informele nedersettings ná die einde van die noodtoestand, teen sowat 32 000 liter 'n week.
Altesaam staan Windhoek se uitstaande skuld op sowat N$900 miljoen, sê Amutenya, hoewel dié bedrag uitstaande betaling vir alle munisipale dienste insluit. Sy kon nie spesifieke inligting deel oor presies hoeveel huisgesinne se water vanweë wanbetaling afgesny is nie, maar sê dit word oor die hele stad toegepas, en nie net in enige spesifieke woonbuurt nie.
Die afwesigheid van werknemers van wie vele van die huis moet werk, dra by tot die tekort aan toegang tot die data, sê sy.
“Die publiek moet begryp dat ons aanhou munisipale dienste verskaf ten spyte van die ernstige impak van Covid-19 op ons bedrywighede. Dis belangrik om uit te wys die stad se vermoë om dienste te verskaf, hang af van die verhaling van hierdie koste vanaf ons kliënte, om grootmaatvoorsieners soos NamWater en NamPower te kan betaal,” sê Amutenya.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie