Sputnik met onmiddelike effek uit inentingsveldtog onttrek
Die gebruik van die Sputnik-entstof teen Covid-19 is met onmiddelike effek uit Namibië se inentingsveldtog onttrek. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse regulerende owerheid vir mediese produkte (SAPHRA) op 18 Oktober 'n verklaring uitgerek het dat dit 'n hoë risiko het vir mense om MIV op te doen. Volgens 'n verklaring deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal Namibië nou wag totdat dit op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se noodlys vir gebruik verskyn.
Namibië het 15 000 dosisse van komponent 1 en 15 000 dosisse van komponent 2 van Serbië ontvang. Teen 20 Oktober het 108 mense in Namibië komponent 1 en sewe komponent 2 ontvang.
Namibië het 15 000 dosisse van komponent 1 en 15 000 dosisse van komponent 2 van Serbië ontvang. Teen 20 Oktober het 108 mense in Namibië komponent 1 en sewe komponent 2 ontvang.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie