Spanne vir klubfinaal lyk só
Rugby
Andrew Poolman – Die senter Alcino Izaacs is as kaptein aangewys vir die span van FNB Universiteit wat Saterdag dié klub se eerste NRU premierliga-titel sedert die driekuns van 2015, 2016 en 2017 te herwin.
Izaacs neem die studentespan se leierskap by die flank Cameron Langenhoven oor, oor wie se insluiting daar vanweë ’n besering onsekerheid was.
Izaacs het tevore provinsiale rugby vir die Blou Bulle, die OP Kings en die Boland Kavaliers gespeel voordat hy hom permanent in Windhoek gevestig het, maar kon nog nooit in die nasionale groep deurbreek nie.
Unam se opponent in die eindstryd, FNB Western Suburbs, moes plan maak om sy vaskopstut Andreas Shikoneni te vervang, wat vandeesweek inderhaas nadergeroep is om na Stellenbosch te vlieg om hom by die nasionale span vir die toets teen Zimbabwe aan te sluit.
Shikoneni moes op bystand gereed wees ingeval Gerhard Opperman nie gereed sou wees om die Namibiese 3-trui teen die Sables te dra nie, maar Opperman het intussen die groen lig van die mediese span gekry en Shikoneni sal dus in elk geval nie in die 23-tal vir Namibië wees nie.
Beide klubs het tans twee spelers vanweë nasionale diens buite oorweging – Suburbs se stutte Shikoneni en Chemigan Beukes, asook Unam se heelagter Lorenzo Louis en vleuel Oderich Mouton.
Op papier het Unam die voordeel dat hy boaan die puntelys geëindig en die seisoen met net een nederlaag (teen FNB Wanderers) afgesluit het – teenoor Suburbs wat derde klaargemaak het en vier keer aan die verloorkant was (insluitend teen Unam én in die semifinaal teen Wanderers), voordat hy suksesvol ’n klag teen die Wit Hingste ingedien het vir die gebruik van onkiesbare speler/s.
Nietemin het afrigter Jacky Bock se Khomasdallers ’n gevestigde kombinasie wat goed in staat kan wees om Unam dalk tot in die diep water te sleep.
Die spanne wat Vrydag aangekondig is:
FNB UNAM I:
15 Chad Plato
14 Darryl Wellmann
13 Alcino Izaacs (kaptein)
12 Camlo Martin
11 Shareave Titus
10 Delron Brandt
9 JC Winkler
8 Gilad Plaatjies
7 Cameron Langenhoven
6 Berry Gande
5 Kami Mieze
4 Enzio Kotzee
3 Hilwen Fourie
2 Shaun van Wyk
1 Simon Kanime
Reserwes: 16 Graham April, 17 Earl Ndinda, 18 Bjon Kazondunge, 19 Venantius Kalilo, 20 Cameron Klassen, 21 Sunday Haitembu, 22 Johannes Mwenyo.
FNB WESTERN SUBURBS I:
15 Ricardo Swartz
14 Dumarcho Hartung
13 Morgan Esterhuizen
12 Devereux Jansen
11 Gino Wilson (kaptein)
10 Justin Nel
9 Andrew-James Kearns
8 Tjingairi Katjivi
7 Richard Mupewa
6 Dhale Cloete
5 Diamando Tjombe
4 Fidel Micolleney
3 Howard Gawagab
2 Roderigue Victor
1 Uahupa (Jamza) Katjariua
Reserwes: 16 Vakomboka Kamboo, 17 Tjijandjeua Marenga, 18 James Kisting, 19 Rowan Jansen, 20 Willon du Plessis, 21 Geraldo Beukes, 22 Bimbo Mbai.
• Die skeidsregter sal Zaid Izaacs wees.
Die wedstryd se afskoptyd is om 16:30 en word voorafgegaan deur die NRU reserweliga-eindstryd tussen Western Suburbs en FNB Kudus se tweede spanne. Volg die aksie regstreeks op die Facebook-blad van Republikein.
FOTO’s Andrew Poolman
Alcino Izaacs, kaptein van Unam.
Gino Wilson, kaptein van Suburbs.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie