Sondebelastings laat prys van dop, damp skerp styg

Ronelle Rademeyer
Die Suid-Afrikaanse tesourie het rokers en drinkers met ’n verhoging van 8% in die aksyns op tabak- en drankprodukte gestraf. Dit is dubbeld soveel as die inflasiekoers, berig Netwerk24 oor die skerp styging op sondebelasting in die buurland se begroting wat vanmiddag ter tafel gelê is.
In ’n neutedop lyk die stygings so:
Bier, sider en alkoholiese vrugtedrankies: Styg met 14c per 340 ml-blikkie tot nagenoeg N$1,96 per blikkie.
Wyn: Styg met 26c per 750 ml-bottel, wat dit op nagenoeg N$3,56 te staan bring.
Vonkelwyn: Styg met 86c per 750 ml-bottel, wat dit op nagenoeg N$11,63 te staan bring.
Spiritualieë soos whisky, brandewyn, rum en wodka: Styg met N$5,50 per 750 ml-bottel, wat dit op nagenoeg N$74,34 te staan bring.
Sigarette: Styg met N$1,39 per pakkie van 20, wat dit op N$18,79 te staan bring.
Die styging is onmiddellik ook in Namibië, wat in 'n gemeenskaplike doeane-unie met Suid-Afrika is, van krag.

Kommentaar

Republikein 2026-06-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer