SMS's vir 16 Maart 2020
"Stof tot nadenke."
Dankie, Repubiikein, vir inligting oor Covid-19: berei ook pamflette sodat ons wat koerant koop aan ander wat nie koop kan versprei.
N.a.v. die Coronavirus: Watter stappe word geneem as pensioenarisse die eerste Dinsdag van April in hul duisende gaan saamdrom by NamPost vir hul pensioene? Hoe gaan hul veiligheid verseker word? Ook die publiek word geraak!
Is die Covid -19 nie maar ‘n waarskuwing aan die mensdom nie? Ons besoedel die planeet daagliks en skep die ideale klimaat vir virusmutasies en dan breek ons ons eie immuunsisteem af met al die medikasie wat ons neem vir die kleinste siektetjies. Die gevolg is ‘n verswakte immuunsisteem en versterkte kieme. Dus die ideale klimaat vir ‘n pandemie. Die volgende pandemie sal kom, glo my, en dit sal erger wees as Covid -19. Is jy reg vir hom ?
Hoekom kan Chinese nog vrylik in en uitgaan by ons lughawens? Dis van China af wat die Covid-19 virus kom? Dis ‘n bedreiging vir ons nasie en onverantwoordelike optrede van ons regering net soos die monitering van korrupsie in ons land.
Hoekom is die mediese fondse in Namibië so stil? Dek jul die Coronavirus en komplikasies wat daarmee gepaard gaan?
Soveel gekla, soveel kritiek en soms beledigings, ontevredenheid oor alles en soveel verdeeldheid. Dit voel al of ons land se mense net oor die negatiewe kan praat en skryf om mekaar te verslind. Dit laat my dink aan die woorde van JK Rowling: “We are only as strong as we are united, as weak as we are divided”. Stof tot nadenke. Groetnis. - Arnold von Wielligh
Dit is ’n skande wat aangaan by Psemas. Oumense wat op frail care is en hulle wag al vir ses maande vir hulle terugbetalings. Die rede: daar is nie fondse beskikbaar nie. Skaam julle! Waar moet die oumense die geld vandaan kry?
Donderdagaand nuusopskrif: Groot deel van Namibia in duisternis gedompel as gevolg van kabeldiefstal. Waar het sekeres nou weer toegeslaan? Wonder ek maar net. – Toivo
Neeef gaan ons ekonomie lamlê. Dit is ’n rassistiese ding wat die witmense uitbuit. Swartmense is deesdae ryker as witmense. Gaan kyk maar net in Oshakati en die hele Noorde en kyk na die Chinese. Ons wittes het nie meer nie, maar al wat ons nou kan doen, is om alles te verkoop en af te tree. Julle sal gou genoeg julle fout agterkom, regering.
Ja, dit gaan my verstand te bowe. Fees moet daar gevier word. Al is die land in chaos gedompel. Mens vier mos net fees op dit wat goed en reg is. Wat is daar om oor fees te vier wil ek weet? Vat daardie geld wat so gemors word en gebruik dit positief.
Ek wil mense wat landbougrond wil koop om kommersieel te boer, vra om nie net na die prys van kommunale grond te kyk wat goedkoper is as kommersiële grond nie. Kommunale boere is meestal bestaansboere.
Operasie Namibwoestyn en Kalahariwoestyn gesamentlik uitgevoer deur die polisie & weermag kry die wind van voor omrede hulle die ekstra myl loop met die uitvoering daarvan. Kriminele elemente met hulle erg verligte prokureurs skuil agter die menseregte-karretjie. – SAP&H
Waar gaan die geld vandaan kom vir strate, rioolstelsels, kragvoorsiening en wateraanlegte as almal gratis erwe kry in die informele nedersettings? Die inkomste uit erfverkope is veronderstel om te betaal vir hierdie dienste.
Geagte Councillors van Gochas, julle beteken rêrig niks vir Gochas se gemeenskap. Wonder jul nie hoekom is die CEO nooit op kantoor nie? Hoekom ry die Council se karre onnodig rond? Hoekom maak die werkers net soos hul wil? Drink met karre, sit heeldag rond. Die laaigraaf het stukkend teruggekom, maar dit was blybaar verhuur. Is die huur ooit betaal? Ons is wel besig om hulp van buite in te roep. Oeps!!!
Baie geluk aan die rugbywenners ná die naweek se Namib Poultry Gravity Cup-finale: o13 Parkies, o15 Whk Gym, o17 WAP en o19 -WHS. Graag wil ek voorstel dat in die toekoms moet ons met spelerskaarte speel aangesien dit in ouderdomsgroepe ingedeel word. Duidelike riglyne moet ook neergelê word rakende die terugspeelreël al dan nie. Volgens my mening sal die speelveld dan gelyk wees. – Paul
Tot ons ou volkie het verval tot laer as wat sleg is. Kerkloos en goddeloos. Die belangrikste nou is suip, skinder én seks. Siestog . . .
Has anybody in Swakopmund have had trouble with Telecom's Callmaker. I cannot put in credit or find out what my credit balance is. Been to Telecom three weeks inquiring whats happening but nobody knows. Can I get a answer from Telecom?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie