SMS'e vir 24 Januarie 2022

"...nie 'n vyf sent..."
Mandy Rittmann
Ontgroening het ons dissipline, selfstandigheid, respek en goeie morele waardes geleer. Kinders van dese het geen van die bogenoemde nie. Kinders besluit vir ouers, dreig ouers, slaan of baklei met ouers en het geen waarde vir enigiets in ons samelewings nie. Die ouers wat kla oor ontgroening word deur hul kinders gedwing om op te tree. Vroeër was ons bang vir ons ouers en het groot respek getoon, vandag is dit anders om. Een rede hoekom ou mense en politici nie na sestig wil rus nie, is omdat ons nie leiers uit die jeug kry nie. Hulle is klakouse, by wie sal hulle gaan kla as president of stadsklerk? Kyk in ons land hoe jong leiers afgebreek het. Vandag word kinders nie grootgemaak soos die verantwoordelike ouers van ouds nie.

Maak kwaadwillige oriëntering by alle Namibiese skole ’n misdaad! Gewoonlik was die boelies wat junior leerlinge boelie self erg geboelie tydens oriëntering toe hulle juniors was.

Julle kan maar sê wat julle wil, ontgroening is barbaars en moet onder toesig wees. Leerders het te veel mag en onnies laat dit toe (nie almal). Ek weet waarvan ek praat, ons lewe ook in ’n nuwe eeu.



Ek hoop privaatbesighede pas vaksien-mandate ernstig toe. Oningeëntes hoef nie gedwing te word om hul te laat inent nie, hul voorregte om by besighede in te gaan moet net beperk word. Kyk hoe vinnig laat hulle hul inent.

Laat die volgende president die demografie van die land weerspiëel om sodoende andere ’n kans te gee om die land te lei. Eerste en tweede presidente was mos nou van die grootste bevolkingsgroep, wat 15 + 10, altesaam 25 jaar lank regeer het. Die derde president is mos nou besig met sy 2de termyn om sy 10 jaar vol te maak. Dit sal onregverdig teenoor die ander groepe wees om weer van dieselfde twee nasies gelei te word. Wanneer kry onse Kavango-, Herero-, Zambezi-broeders en andere ’n kans vir One Namibia One Nation? No go areas? I quote: too many wrongs can’t be right just because it’s accepted by a majority.

Mense, hoekom moet julle so gemeen wees om vir jou naaste ’n polis uit te neem en nie ’n vyf sent by te sit as die persoon dood nie. Jy het geen gevoel nie. Ja, jy het elke dag gebid die Here moet daardie persoon vat. My hart is seer, nie oor jou geld nie, oor die mens wat dood is. Jy en jou gesin het gebid dat die persoon moet dood, maar God sluimer of slaap nie. Hulle sê mos, die een se dood is die ander se brood, maar jy sal nie verby die regter se stoel gaan nie, jou nag sal bitter wees.

Baie dankie aan Checkers se pannekoekbaksters vir hulle puik en vriendelike diens. Waardeer. - Mev. D. du Toit

Uitstekende diens! Toekie Shaenda by GIPF in Windhoek, baie dankie vir jou vriendelike en uitstekende diens!

Kommentaar

Republikein 2025-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer