SMS'e vir 19 Mei 2020

". . . virus nie 'n geldmaakskema . . ."
Mandy Rittmann
Ek wonder wat doen die polisie nou met my gekonfiskeerde gin, 'n verjaarsdagpresent, wat ek saamgeneem het as ’n sundowner-drankie toe ek die naweek gaan kamp het. In my kultuur hou so ’n bottel tot en met ses maande en ek kon geen slippie wys nie, maar is dit nodig om met ’n geweer daar te staan en my te intimideer en dit af te neem. Die wet is jy mag nie drank koop of verkoop nie, maar wat in jou besit is, is joune en dit mag gedrink word wanneer en waar jy wil. Of is ek verkeerd? Buite Henties was die polisie se bakkie vol gekonfiskeerde drank.

I applied for a passport mid-February, promised in four weeks. Not ready, promised within another two weeks. Again not ready. The SMS-service stopped functioning @ N$3.50 per SMS. I went there in person, and they said we stopped printing passports when lockdown commenced and have not started up to now. Amazing! No service at Home Affairs. May the citizens stop or reduce paying taxes until full service recommence?

Ek sal dit tog hoog op prys stel as die polisie- of weermagbeamptes groot asseblief ’n plan kan maak met die kinders wat so sonder toesig in Oudeline, Krönlein asook in Skoolstraat, Krönlein se strate met ’n bal speel en sonder maskers in die straat beweeg. Sal dit baie waardeer.

Ministry of Justice, kyk asseblief na die klomp onnodige boetes wat mense geskryf was deur die polisie. Werklose en skoolgaande kinders het onnodige boetes gekry van N$2 000. Waar kry die ouers geld om dit te betaal? Covid-19 is ’n virus, nie ’n geldmaakskema nie.

Volgens my mening is dit reg dat kerke toe is. Daar is net te veel dwepers op kerkraadsbanke, dit laat jou meer sondig. Nou kan jy in jou eie ruimte, sonder ’n masker, aanbid. Gemeentes moet opstaan wanneer daar verkiesings is, sodat die goed vermy kan word. Nie lus om wit gepleisterde gesigte te aanskou.

Minister van Finansies, kry ’n privaatfirma om julle bookkeeping te doen, want julle is te onbevoeg. Sies, wat ’n skande!

Kan iemand ons meer inlig wat gebeur met Crowd 1, want almal gaan ongestoord voort.

Kan ’n versekeringsmaatskappy as jy ’n kwotasie aanvra sommer geld van jou rekening aftrek sonder dat jy toestemming gee? Ek wil stappe neem. Kan iemand tog antwoord asseblief.

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer