Skade wat ons nie kan herstel

Dani Booysen
Boere in die Kalahari slaak waarskynlik saam met baie ander ‘n sug van verligting omdat die ministerie van landbou, water en grondhervorming alle boorpermitte opgeskort het vir ‘n omstrede soektog hier na uraan.

Maar, hoekom nou eers?

Asems moet ook ingehou word, want die projek is nie noodwendig heeltemal van die baan nie.

Soos met ReconAfrica se ewe omstrede olie-eksplorasie in die Kavango Delta, het stemme van verset uit die plaaslike gemeenskap en burgerlike kringe ‘n belangrike rol gespeel om bewustheid te skep wat ook ver buite Namibië se grense gaan draai het.

Die uraansoekers het glo talle voorskrifte verontagsaam. Tydens onlangse parlementêre verhore oor die oliesoektog in die Kavango is ook getuig dat beamptes aavanklik toegang vir ‘n inspeksie geweier is.

Die links en regs uitdeel van eksplorasielisensies in omgewingsensitiewe gebiede kan skade berokken wat dalk nooit sal herstel nie. Baie streng strawwe is nodig om oortreders af te skrik en swartlysting moet nie uitgesluit word nie.

Konstante en noue samewerking tussen betrokke staatsmasjienerie is noodsaaklik om te verseker dat soeke na welvaart binne die konteks van die grondwetlike beskerming van die omgewing geskied.

Ongelukkig wys die lesse uit die Kalahari en Kavango, soos in ander gevalle, dat daar beslis gebreke in myne en energie se samewerking met landbou en omgewing, bosbou en toerisme is.

Ons kan nie mooi broodjies op internasionale verhoë bak en terselfdertyd met ons omgewing, skaars bronne en ons nageslagte se erefenis dobbel nie.

So sê ander

8 November 2021

COP26, A Sad Rehash Of Climate Politics

World leaders, delegates, and stakeholders all around the world are currently gathering for the COP26 in Glasgow, Scotland, United Kingdom.

Recent experience around the world has seen climate change causing alarming variations in weather patterns and temperatures.

However, China, which was referred to as one of the “largest polluters”, was absent.

Despite the significance of the CoP26, the conference and its founding principles have come under fire from many quarters.

If the leading polluters are foot-dragging on commitments, how would they muster the moral locus to ask other nations to commit to lowering emissions?

Since a similarly frustrating experience of a largely non-committal meeting in Copenhagen in 2009, the world appears not to have learnt important lessons as the earth warms its way to more impending disasters.

Unfortunately, too, developing countries like Nigeria continue to ask for aid, which has not received any positive nod since the promissory notes began from Kyoto Protocol in Japan 1997.

At best, developed countries seem poised to face their economic interests such as selling electric cars and solar equipment to developing countries rather than making serious commitments to fighting climate change.

From all indications, there are no binding rules, and the climate change imbroglio is set to continue, and fearfully so.

Regionally, Nigeria needs more robust plans to articulate and address its own climatic problems.

Enough of begging for aid.

• PRIMEBUSINESS.AFRICA

Kommentaar

Republikein 2025-09-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer