Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle
Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken is. Vandag is 128 nuwe gevalle aangemeld waarvan 62 leerlinge, drie studente en een 'n onderwyser is. Nog 334 mense is teen Covid-19 ingeënt - 242 in Khomas en 92 in Erongo - wat die totaal op 1 215 te staan bring.
Die aktiewe gevalle staan tans op 1 845 waarvan 162 in die hospitaal en 34 in die ICU is. Nog 221 mense het herstel wat die totaal op 41 676 en 'n herstelkoers van 95% te staan bring. Tans is 1 666 mense in kwarantyn en 4 466 kontakte word gemonitor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie