Russe ontken boorreëls is oortree
Die Russiese uraanmaatskappy wat boorwerk by Leonardville moes staak, sê hy wag nog vir die ouditverslag wat tot die kansellering van sy boorpermitte gelei het.
Ronelle Rademeyer - Headspring Investments lig sy boorkontrakteurs gereeld oor permitvoorwaardes in en die kontrak met kontrakteurs sluit klousules in wat bepaal hulle moet oor die registrasies en permitte beskik wat deur die reguleringsowerheid vereis.
Verder word van boorkontrakteurs vereis om alle omgewingsvereistes en -spesifikasies na te kom.
So sê dié mynboumaatskappy in reaksie op die ministerie van landbou, water en grondhervorming se besluit om sy permitte vir die boor van geohidrologiese en eksplorasieboorgate naby Leonardville te kanselleer.
Dit is vroeër vandeesmaand met onmiddellike effek gedoen nadat die ministerie kundiges gestuur het wat op 15 Oktober ’n ondersoek na die booraktiwiteite van Headspring Investments by Leonardville gedoen het.
Kommer het die laaste weke vanuit verskillende oorde opgeklink oor die beoogde uraanontginning deur middel van ’n ondergrondse logingsproses binne-in die ertsbronne wat in die Stampriet artesiese kom met sy akwifers vol suiwer drinkwater geleë is.
Dit is die enigste waterbron van mense en diere in dié deel van die Kalahari.
Daar is bevind die boorwerk is nie gedoen in ooreenstemming met die voorwaardes waaronder twee boorpermitte op 30 Maart vanjaar aan die mynmaatskappy uitgereik is nie.
Headspring Investments is die Namibiese filiaal van Uranium One, mynbou-arm van die Russiese staatsbeheerde kernreus, Rosatom.
Volgens Andrey Shutov, president van Uranium One, is Headspring Investments deur die boorkontrakteur verseker alle boorwerk op die terrein geskied in streng nakoming van Namibiese wetgewing.
Hy sê Headspring Investments doen sedert 2010 eksplorasiewerk in Namibië en beskik oor agt geldige eksplorasielisensies (EPL's).
Sover is US$83 miljoen in die uraanprojek, sê hy in die verklaring.
Hy wys ook daarop die maatskappy het verder agt goedgekeurde en geldige omgewingsklaringserifikate (ECC’s) vir boorwerk ten opsigte van die onderskeie EPL's. “Die maatskappy doen gereelde opdaterings van al agt ECC's in ooreenstemming met alle ministeriële regulasies,” sê Shutov. Die ECC’s deur die omgewingskommissaris in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme uitgereik.
Bykomend hiertoe moes die maatskappy by die ministerie van landbou, water en grondhervorming aansoek doen vir boorpermitte om ’n geohidrologiese opname te doen.
Tussen 2019 en 2021 is toestemming vir 78 geohidrologiese boorgate gegee, waarvan 37 geboor is in streng nakoming van die permitvereistes, lui die verklaring.
Die mynmaatskappy sê hy het sedert die kansellering van die permitte verslae voorberei volgens die ministeriële voorskrifte en is in die proses om dit voor te lê.. Benewens hierdie verslae, het Headspring Investments ook inligting oor eksplorasieboorgate aan die ministerie gestuur.
“Headspring Investments het ’n kontrakteur betrek wat by die ministerie geregistreer is en kennis dra van die vereistes om in dié gebied geohidrologiese boorwerk te doen,” lui die verklaring.
Die mynmaatskappy sê verder hy het nog nie die ouditverslag wat ná die 15 Oktober-inspeksie saamgestel is, van die ministerie ontvang nie.
“Sodra dit gebeur sal die maatskappy ’n formele antwoord voorberei wat sy standpunt uiteensit,” sê Headspring Investments.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming, het verlede week aan Republikein gesê dié drinkwaterbron in die Kalahari moet teen besoedeling beskerm word en dit kan nie gebeur as mynbou in die gebied toegelaat word [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie