Rundu steeds sonder krag
Rundu se sakekern was vanoggend steeds sonder krag, ná 'n kragonderbreking gister. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streke, mnr. Petrus Immanuel, is 'n span tegnici na die dorp gestuur om die oorsaak van die onderbreking vas te stel. Immanuel kon egter nie sê wanneer kragtoevoer na die dorp weer herstel sal wees nie.
"Die span op die grond vermoed dat dit bloot tegniese probleme is wat by die substasie ondervind word," het hy gesê. Volgens hom werk die tegnici onverpoos om die toevoer te herstel. - Nampa
"Die span op die grond vermoed dat dit bloot tegniese probleme is wat by die substasie ondervind word," het hy gesê. Volgens hom werk die tegnici onverpoos om die toevoer te herstel. - Nampa


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie