Rooftog ruk Rundu

NAMPA


Nampa - Bykans N$400 000 is glo Maandagoggend by ’n vulstasie op Rundu gebuit.

Die koördineerder van misdaadondersoeke in Kavango-Oos, adj.komm. Bonifasius Kanyetu, het die voorval aan Nampa bevestig.

Volgens hom was die onbekende verdagtes glo gewapen.

Hulle het dié wapens na bewering op die vulstasie se bestuurder gerig.

Nadat hulle glo die sak met geld gegryp het, het hulle die veiligheidswag in die been geskiet, die bestuurder se motorbande beskadig en toe in ’n sedan op die vlug geslaan.

Teen vandag is niemand nog weens die rooftog aangekeer nie.

Die geld is eweneens nog nie teruggevind nie.


Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer