Polisie soek verhoorafwagtende wat by landdroshof ontsnap
Die polisie is op soek na Tjaseua Jackson, alias "Una", wat Vrydag omstreeks twaalfuur by die landdros in Katutura uit polisie-aanhouding ontsnap het.
Volgens die polisie se misdaadverslag was hy daar as verhoorafwagtende wat ’n aansoek om regshulp wou indien.
Die bewering is dat Tjaseua vir die polisiebeampte wat hom vergesel het, weggehardloop het.
Hy het in ’n rivierbedding agter die hofgebou verdwyn en is steeds soek, lui die verslag.
'n Foto van hom is intussen op WhatsApp-groepe vir misdaadbekamping versprei.
Pogings om hom op te spoor, duur volgens die polisie voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie