Pfizer-pil verminder risiko van sterfte, hospitalisasie by Covid-pasiënte
Die eerste pil wat spesififiek vir die behandeling van Covid-19 ontwikkel is, Paxlovid, het die risiko van sterfte of hospitalisasie in proewe met 89% verminder, sê die vervaardiger Pfizer. Die uitslae van die proewe was so positief dat die Amerikaanse Voedsel en Middele-administrasie dit kortgeknip het, met Pfizer wat nou data vir noodgebruik van die pil sal voorlê.
Antivirale pille kan tuis geneem word om te voorkom dat Covid-19 'n meer ernstige siekte word. Kenners meen die uitslae van proewe het potensiaal om 'n nuwe era in te lei om die lewensdreigende pandemie te stop. Einde verlede week is die antivirale middel, molnupravir, vir noodgebruik teen Covid-19 in Brittanje goedgekeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie