Personeel van Mediclinic Windhoek wikkel met #JerusalemaChallenge
Sowat 50 personeellede van Mediclinic Windhoek het vandag aan die wêreldwye Jerusalema-dansuitdaging deelgeneem. Die liedjie deur die Suid-Afrikaanse platejoggie Master KG met die sanger Nomcebo Zikode, is in November verlede jaar vrygestel en het in Junie vanjaar die wêreld met die internasionale dansuitdaging #JerusalemaChallenge getref.
Volgens me. Elmarie Vink, hospitaalbestuurder van Mediclinic Windhoek, neem hospitale van oraloor in die wêreld en ook in buurland Suid-Afrika aan die uitdaging deel.
Volgens Vink was personeel van elke departement in die hospitaal en wat van die apteek, intensiewesorgeenheid en teater, tot die bestuur en tegniese span insluit, deel van die uitdaging. Personeel het vir 'n week geoefen voordat die video gemaak en op sosiale media versprei is. Video Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie