Paulus Ngalangi bedank by Fishcor
Ronelle Rademeyer - Die hoof- finansiële beampte van Fishcor, mnr. Paulus Ngalangi, het bedank.
Mnr. Mihe Gaomab II, voorsitter van Fishcor se direksie, het sy bedanking aan Republikein bevestig.
Dit was kort nadat Ngalangi sy bedanking Dinsdagoggend ingedien het.
Hy is in 2015 as die finansiële hoofbestuurder van die staat se vismaatskappy aangestel. Dit was sowat ses maande nadat mnr. James Hatuikulipi die voorsitter van Fishcor se direksie geword het. Hatuikulipi is een van die sentrale figure in die Fishrot-skandaal en het na bewering 'n sleutelrol vertolk in die vermeende korrupte wyse waarop viskwotas toegedien is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie