PAS IN: Eagles wen die loot en boul
Krieket
ABU DHABI (T20 Wêreldbeker): Namibië wen die loot en kies om eerste te boul teen Nederland.
Die verloorspan vandag staar uitskakeling in die gesig.
Namibië se kaptein Gerhard Erasmus: “Spanne wat op dié veld tweede kolf, het tradisioneel goed gevaar. Ons het positiewe aspekte geneem van ons kragmeting teen ’n uitstekende Sri Lanka-span; ons moet vir langer periodes kompeterend bly. Die dou het ’n invloed gehad ná die kragspelperiode.
“Daar is een verandering aan ons span. Michael van Lingen kom in vir Picky Ya France.
Nederland se kaptein Pieter Seelaar: “Dit maak nie baie saak (dat ons die loot verloor het) nie, maar ons sou ook gekies het om eerste te boul. Twee veranderinge aan ons wedstrydgroep: Stephan Myburgh vervang Ben Cooper; Timm van der Gugten speeel in Brandon Glover se plek.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie