Padongelukke eis drie op Nuwejaar
'n Motor met 11 passasiers rol, van wie een sterf.
'n Motor met sowat elf passasiers in, se regteragterwiel het op Nuwejaarsdag op die pad tussen Okangwati en Opuwo gebars en veroorsaak dat die motor van die pad af gery en omgeslaan het.
Die bestuurder was na bewering 'n 20-jarige man sonder 'n geldige bestuurslisensie.
Die voorval het volgens die verslag omstreeks 13:15 sowat 5 kilometer voor Opuwo plaasgevind.
“Een van die passasiers het by die staatshospitaal op Opuwo aan sy beserings omgekom en die res van die passasiers het matige beserings opgedoen,” lui die verslag.
ONGEÏDENTIFISEERDE LIGGAAM
Op die Trans-Caprivi hoofweg in die Kavango-Oosstreek is 'n ongeïdentifiseerde liggaam van 'n man op 1 Januarie glo deur 'n motoris gevind. Die liggaam is na bewering in 'n plas bloed langs die pad naby die Kanyumara informele nedersetting aangetref.
“Daar word vermoed dat die oorledene 'n voetganger is wat raakgery is. Die saak word ondersoek,” lui die verslag.
VOETGANGER SE LEWE GEËIS
'n 21-jarige bestuurder het na bewering op Donderdag 31 Desember omstreeks 22:25 'n voetganger by 'n T-aansluiting op die Onethindi B1-pad doodgery.
Volgens 'n Namibiese polisieverslag is die voetganger, die 31-jarige me. Aune Shikongo, na die Onandjokwe hospitaal geneem en is daar dood verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie